Die Mak Kakie

Dis 1899. ’n Jong Engelse offisier, Jack Whitelaw, laat huis en haard in Engeland agter – asook sy lieflike Engelse roos – om by sy nuwe bataljon, op pad na Suid-Afrika, aan te sluit. Hulle taak is om die Boerkommando’s wat die Natalse Kolonie binnegeval het, te verjaag.

Die uitdagings wat hy in die gesig staar is veel erger as wat hy hom vooraf kon indink, veral toe hy gewond raak, en in ’n Ladysmith-hospitaal deur ’n beeldskone Afrikanerverpleegster, Rachel du Toit, versorg word. Hulle idilliese romanse word swaar beproef toe Rachel uit Ladysmith moet vlug en Jacks se bataljon in die Transvaal rondtrek om Kitchener se geskroeideaardebeleid uit te voer.

Die leser sal Jack se fisiese en emosionele beproewings tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog met ingehoue asem volg.

DAVE SE BOEK IS BY ALLE GOEIE SUID-AFRIKAANSE BOEKWINKELS BESKIKBAAR.

Vir meer inligting kontak Dave by: davebaker@worldonline.co.za